Closing Date: 12 September 2025
Salary:
Doelwitte en Verantwoordelikhede
- Die Ouditkomitee is ‘n onafhanklike adviserende liggaam wat die Munisipale Raad, die Politieke Ampsdraers, die Rekenpligtige Beampte en die Bestuurspersoneel van die Munisipaliteit moet adviseer oor aangeleenthede wat betrekking het op-
- Interne Finansiële Beheer en Interne Oudit;
- Risikobestuur;
- Rekenkundige Beleid;
- Die toereikendheid, betroubaarheid en akkuraatheid van finansiële verslagdoening en inligting;
- Prestasiebestuur;
- Doeltreffende Bustuur;
- Voldoening aan die Wet op Plaaslike Regering: Munisipale Finansiële Bestuur, die jaarlikse Wet op die Verdeling van Inkomste en enige ander wetgewing wat van toepassing mag wees;
- Prestasie-evaluasie; en
- Enige ander kwessies wat deur die Munisipaliteit na die komitee verwys word.
- Die Jaarlikse finansiële state moet beoordeel word ten einde die Raad van die Munisipaliteit te voorsien van ‘n gesaghebbende en geloofwaardige mening oor die finansiële posisie van die Munisipaliteit, sy doeltreffendheid en effektiwiteit en sy algehele vlak van voldoening aan die Wet op Munisipale Finansiële Bestuur, die jaarlikse Wet op die Verdeling van Inkomste en enige ander wetgewing wat van toepassing mag wees;
- Terugvoering aan die Raad moet gee oor enige kwessies wat deur die Ouditeur-Generaal in die Ouditverslag geopper is;
- Sodanige ondersoek moet instel na die finansiële sake van die Munisipaliteit wat die Raad mag versoek; en
- Sodanige ander funksies moet verrig wat voorgeskryf mag word.
Audit Committee Member Advertisement_20225-2026 (624.71KB)
Audit Committee Member Advertisment - 2026 (460.8KB)
Last published 02 September 2025